Nuwe Testamentiese apokriewe

Die Nuwe Testamentiese apokriewe is 'n aantal geskrifte deur vroeë Christene waarin vertellings oor Jesus en sy leerstellings, die natuur van God, en die leerstellings van sy apostels en van hul lewens aangeteken is. Sommige van hierdie geskrifte is deur vroeë Christene as die Skrif beskou, maar sedert die vyfde eeu is daar algemene konsensus bereik wat die Nuwe Testament tot die 27 boeke van die moderne kanon beperk het.[1][2]

  1. Van Liere, Frans (2014). An Introduction to the Medieval Bible. Cambridge University Press. pp. 68–69.
  2. Ehrman, Bart D. (2003). Lost Christianities: Battles for Scripture and the Faiths We Never Knew. Oxford University Press. pp. 230–231.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search